Potgooi

Ons Vir Jou
  • Ivor sê iets baie gewigtig: “Boere het die slaansak geword vir  alles wat fout is in ons land”. Stem jy saam met sy stelling?
  • Hoe kan ons die “born-free” generasie help om die komplekse verhouding tussen die verlede en die hede te verstaan?
  • Het jy al ooit jou eerlike storie oor jou herkoms met iemand van ‘n ander bevolkingsgroep in ons land gedeel?
  • Hoe voel jy oor Ivor se baie positiewe ingesteldheid teenoor ons land en sy mense?
Ons Vir Jou
  • Hoekom dink jy is die tema van gelykheid op die oomblik so prominent, nie net in SA nie, maar ook in ander lande?
  • Wat sê Lidia oor slagofferskap?
  • Ken jy iemand wat in die verlede benadeel is deur diskriminasie as dit kom by ‘n werksgeleentheid?
  • Ken jy iemand wat op die oomblik benadeel word deur diskriminasie? Wat hoor jy by hulle?
LIDIA RAUCH / Versoening-gesprek Fasiliteerder | Stigter van bloomenterprise.co.za
Ons Vir Jou
  • Hoe voel Julius as mense hom vermy?
  • Hoe voel jy self wanneer mense jou vermy of verwerp?
  • Op watter maniere dink jy anders oor persone met fisiese gestremdhede nadat jy na Julius geluister het?
  • Veronderstel iemand is ‘able-bodied’ tot op die ouderdom van 30, maar raak dan fisies gestremd. Dink jy daardie persoon verloor ‘n deel van hulle menswaardigheid as hulle bv. dan met ‘n rolstoel oor die weg kom?
  • Hoekom is mense so ongemaklik wanneer dit kom by fisiese andersheid?
JULIUS VAN DER WAT / Kampvegter vir menseregte en toeganklikheid| Kunstenaar
Ons Vir Jou
  • Dink jy kunstenaars mag hulle stem gebruik om oor moeilike onderwerpe soos versoening tussen rassegroepe te praat?
  • Wat sê Bouwer oor die vrees wat ons het as dit kom by ons identiteit?
  • Hoe dink jy oor die ‘aanlyn gevegte’ waaroor Bouwer praat? Is daar ‘n beter manier om verskille te hanteer?
  • Het jy ‘n vriend of familielid met wie jy ernstig verskil maar julle bly steeds vriende? Hoekom is dit so?
Ons Vir Jou
  • Dink jy dis goed om te sê ‘Kom ons vergeet nou die verlede en kyk vorentoe’?
  • Stem jy saam met Lindie dat ons almal graag die helde in die geskiedenis wil wees?
  • Hoekom dink jy sukkel ons so om mekaar se menslikheid raak te sien?
  • Het jy al gedelf in die geskiedenis van ‘n ander bevolkingsgroep as jou eie? Wat is een interessante ding wat jy geleer het?
Ons Vir Jou
  • Watter gevoel kry jy as jy die term ‘bevrydingsteologie’ hoor? (Dis nou as jy al voorheen die term gehoor het.)
  • Deel jy Rothney se vrees dat daar ‘n dag gaan kom waar ons as swart en wit Suid-Afrikaners nie meer met mekaar gaan praat nie?
  • Wat kan jy doen om daardie dag doelbewus te vermy?
  • Ken jy ‘n swart persoon (as jy wit is) of ‘n wit persoon (as jy ‘n persoon van kleur is) met wie jy sou kon gesels oor wat ‘ras’ alles beteken?
Ons Vir Jou
  • Wat is van die mees praktiese dinge wat jy in jou plaaslike gemeenskap kan doen om rassespanning te ontlont?
  • Hoekom dink jy voel sommige mense dat dit is tyd vir bruin en swart mense om “oor” apartheid te kom?
  • Watter bevolkingsgroep het die grootste verantwoordelikheid om aan versoening te werk in ons land, of is dit die rol van elke Suid Afrikaner? Hoekom dink jy so?
Ons Vir Jou
  • Dink jy geloofsgemeenskappe het ‘n rol om te speel as dit by rasverhoudinge en versoening kom?
  • Het jy al vir ‘n langerige periode (soos tydens ‘n kamp of in die koshuislewe) ‘n ruimte met iemand van ‘n ander bevolkingsgroep gedeel? Wat was jou ervaring?
Ons Vir Jou
  • Corporate Social Investment (CSI) is ‘n meer verantwoordelike strategiese manier om gemeenskappe en groepe op te hef. Dink jy dit is die rol van die besigheidswêreld om meer te doen as die staat, of andersom?
  • Dit voel vir baie mense of die instandhouding van infrastruktuur in gemeenskappe agteruit gegaan het die laaste klomp jare. Wat dink jy is van die redes hiervoor?
  • Watter rol het kerke om te speel wanneer dit kom by die opheffing van gemeenskappe?
CHARLENE LACKAY / TV-, radio-aanbieder | Hoof van volhoubaarheid by MMI Holdings
Ons Vir Jou
  • Wat is van die oppervlakkige stereotipes wat aan jou woonbuurt, dorp of stad gekoppel word?
  • Hoe daag kuns ons uit om anders te dink oor ons geskiedenis en kultuur?
  • Stem jy saam met Johan wanneer hy sê dat wit heteroseksuele mans die mees ongewilde groep is in die wêreld vandag? En dan nog Afrikaner wees ook? Hoekom dink jy so?
  • Wat is die brug van versoening in jou gemeenskap wat jy kan oorstap om ander mense se stories na te luister?
Scroll to Top